DEMI LEE MOORE LIVE AT CLUB MYKONOS

20.12.2023
Nadat Demi Lee Moore as wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram aangewys is, was haar paadjie in die Afrikaanse musiekbedryf geplavei na sukses soos sy hoogtes behaal het. Haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, het skaars die rakke getref toe dit binne tien dae goue status behaal het met winkels wat ook nie kon voor bly soos voorraad van hul rakke afgevlieg het nie. Sedetdien het sy diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip met treffers soos “Wie Se Hart Breek Jy Vanaand”, “Maak My Jou Tequila” en kragtige weergawes van internasionale treffers soos “It’s All Coming Back To Me Now” , “Amanda” en “Coat Of Many Colours”.
BOEK JOU KAARTJIES OP QUICKET - R250 PP:
https://www.quicket.co.za/.../234997-demi-lee-moore.../...
BELANGRIKE INFORMASIE:
"1st come, 1st serve seating" / Teater style / Geen sit plekke kan bespreek word nie.
Deure maak 19h00 oop.
Kontant kroeg beskikbaar.
Venue: Athene Conference Centre, Club Mykonos
Datum & Tyd: 20 Desember 2023 @ 20h00